|
Ode aan die Biltongfees
Onse Biltongfees
is een reuse-basaar
Jaarliks kom almal weer hier bymekaar
Om te deel in die vreugde
Van saamwerk se deugde
En ou Wanderers kreun onder menseskaar.
Daar is talle wat
laataand die koue trotseer
Wyl hul stalletjies oprig teen wind en teen weer;
Hulle kap en hul werskaf hulle hande soms nerf-af,
Maar die saak sal hul almal steeds bly motiveer.
Vyftig dollar per
kaartjie in die groot kompetisie
Is geld’lik vir elkeen ‘n klein ou verliesie;
Daar is pryse te kus en pryse te keur,
Soos die Bantam van Ford in elkeen se kleur
En ‘n ‘quad bike’ met viertrek van Storbou-konstruksie.
Dieselfde ou
klompie saans laat by die kerk,
Werskaf geboe soos hul rou-vleis bewerk.
Daar’s meulens wat kreun en meulens wat wring,
Daar’s sae wat dreun en stoppers wat sing,
Want arbeid moet adel om ons fondse te sterk
Ontbyt is Tant’
Lizzy se ‘pride’ en haar ‘joy’;
Hier smul almal saam, elke vriend en sy noi
Aan heerlike eiers en brode en wors
En vuurwarm koffie vir die vroe-more dors.
‘Auk, Mevrou Lizzy, hierdie kos hy smaak moi!’
Ou Kerneels is so plegtig, so groot en so grys,
Van ‘n slag met kollekte maak jy hom niks wys.
Van meelblom en maalvleis
Tot poeding en geelrys,
Sorg hy vir ‘n bydrae op elkeen se lys.
Hier’s biltong en
droewors na elkeen se smaak,
Jy kan proe en takseer hoe is elkeen gemaak.
Hier ding begeesterd die klomp produsente
Met feite en fiksie erg mee om kliente,
Maar gehalte sal steeds die verskil bly maak.
Die tjokkers se
rugby is fees in die kleine,
Waar breiers en moeders kan swets soos die sweine:
‘Keer voor daardie grote,
Gryp vas sy twee pote!
Dis ‘n slagveld waar ons niks bring in die reine!’
Hierdie yslike
fees maak vir Willie nie bang;
Hy’t geleer motiveer met versoek en met dwang;
Hy is die spil waarom alles tans draai,
Met Christien aan sy sy en immer so fraai.
Elke sub-komitee bly getrou aan die gang! |
Die gesoute paar
susters by ‘Kerrie en Rys’
Worstel in stilte met hulle heerlike spys,
En as die ou stofies van gas rebelleer
Word net kalm en rustig georganiseer.
Sal iemand hulle werk ooit na waarde kan prys!
Jaarliks het ons sangers op onse kalender
Die bestes waar Afrika ooit voor kan tender,
Soos Thys die gewaagde, stout Bosveldklong,
Met Nicholis Louw wat die meisies laat blom
En die ‘sexy’ Nadene met haar lyfie so ‘slender’!
Verkope van drank
is ‘n stryd van weleer –
‘Eksklusief vir die Hingste gereserveer!’
Jaarliks betaal ons onskuldig die prys
In die pers wat negatief daarna verwys.
Maar sonder die
Fees sal hul kroee krepeer!
Onse pannekoek-span het sy eie fabriek,
Met die boere-tradisie verfyn tot ‘n triek -
Wanneer Okahandja se manne
hul deeg begin gooi in die panne
Sal niemand hul aksie oortref of kan briek!
Ons doom is mos
Drikus, sy van Engelbrecht,
Pluk dit wat verkeerd loop weer dadelik reg;
Ronel is in stilte sy krag en sy steun,
Hy weet hy’t ‘n skouer om swaar op te leun.
Hul’s oral betrokke en wys ons die Weg!
Bewus van ons
swakheid, bly ons kinderlik glo
En presteer dan heel dikwels ver bo ons vermoe.
Al is baie pogings nog dikwels so mank,
Is alles bedoel om te dien en te dank
Want ons weet ons sukses is genade van Bo! |